Afrikaner-Gedenkwaardighede
in die omgewing van Durban en Howick

Congella
Jacobs
Isipingo
Merebank
Howick


INLIGTING OOR GRAFTES EN MONUMENTE
IN DIE DURBAN EN HOWICK OMGEWINGS

(Foto's gedurende Junie 2004 geneem)

DURBAN

  1. JACOBS

    Die gedenkteken wat gestorwenes in die Jacobs konsentrasiekamp herdenk, staan op 'n oop erf tussen fabrieke, en rommel word daar naby gestrooi. Die name van die gestorwenes verskyn op sommige van die fotos.

  2. CONGELLA

    Die volgende inligting is vanaf die Internet verkry:

    •  Voortrekker Camp

      The forces of Captain T.C. Smith attempted to attack the Boer camp at Congella on the night of 23 May 1842, but the British were repulsed in the vicinity of the present Maydon Wharf, probably not far from the sugar terminal. The 34 day siege of the old fort ensued. The Boer campsite is now Congella Park.

    •  Congella Battlefield Monument

      The battle of Congella was fought 'somewhere' in the region of present day Maydon Wharf. A monument to the battle of Congella now stands between Maydon Road and the railway lines a few hundred metres north of the Maydon Road/Francois Road junction.

    Foto's van albei terreine is ingesluit. Die naamplaat van die Voortrekker kampterrein- monument is deur vandale afgeruk en verwyder. 'n Kaart wat verskyn in die publikasie "The Cronicle of old St Thomas' Church, Berea, Durban - researched and compiled by D.I. Margrate" word op die webwerf vertoon.

    Die gedenktekens wat op die terrein van die slagveld staan, is netjies deur mnr Philip Maré, 'n werknemer van Spoornet gerestoureer. Hiervoor het hy finansiële steun van Spoornet ontvang. Soos die foto's wys, word die gedenktekens tans baie goed versorg deur mnr Maré en 'n ander werknemer van Spoornet, mnr Mel Ebersohn.

    Mnr Maré se besonderhede is soos volg:

      Maydonweg 237
      MAYDON WHARF 4057
      031-361 2968
      083 284 6451

  3. MEREBANK

    Soos die foto's aantoon, is die terrein in 'n gehawende toestand, en boemelaars oornag daar. Die een staalhek is weg en dis seker net 'n kwessie van tyd voor die ander een ook verdwyn.

    Die name van afgestorwenes verskyn op sommige foto's.

  4. ISIPINGO

    Die konsentrasiekamp-gedenkteken is in die agterplaas van 'n Indiërkerk waar dit langs grafte van Dick King se gesinslede staan. Die foto's is vanaf die hek geneem wat gedurende die week gesluit gehou word. Lede van die Indiërgemeente versorg die monument.

HOWICK

  1. ANGLO-BOERE-OORLOG GEDENKMONUMENTE

    Hierdie monumente is opgerig ter nagedagtenis aan boerevrouens en kinders wat in die Howick-konsentrasiekamp gesterf het asook Britse soldate wat in die Howick militêre begraafplaas begrawe is. Die foto's toon die gehawende toestand waarin die terrein tans verkeer.

Opgeteken deur J.C. (Koos) Landman


Werfmeester : Dr Leon Oberholster
Tel: 031 916-6993
e-pos: leonob@mweb.co.za
www.webfactor.co.za